Skip Ribbon Commands
Skip to main content

The information on the Adviser and Institutional areas of this site have been tailored for investment professionals. Appropriate product, fund and service information for private investors can be accessed on the Personal area of our site. Terms & conditions.

continue
Do not show this again.

Contact

Call me back

Advice

Back

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

​​​​​​Hoe om Minder te Bestee en Meer te Leef in 2019

22 November 2018

Baie van die lonendste ervarings in die lewe het nie 'n hoë prys nie. Hier is 'n paar eenvoudige maniere om die lewe voluit te geniet én u spaargeld te laat groei.

Stygende lewenskoste maak dit moeilik om daaglikse uitgawes te dek en nog vir die toekoms ook te spaar. En terwyl 'n mens se koopkrag al hoe kleiner word, kan jy maklik hulpeloos voel. Dink egter daaraan dat u wel beheer het oor waaraan u geld bestee, selfs al is die geld min.

Die nuwe jaar kan 'n ideale geleentheid wees om u bestedingspatrone te bekyk en u prioriteite te hersien. Hier is 'n paar eenvoudige stappe wat u kan volg om minder te bestee en meer te leef in 2019.

1. Kyk deeglik na u uitgawes

Voordat u kan besluit hoe om minder te bestee, moet u eers weet hoeveel u uitgee. Kyk na u bankstate en winkelstrokies om te sien waaraan u gereeld geld bestee het oor die afgelope paar maande. Dit sal u dalk verbaas om te sien hoeveel geld eintlik verkwis word! (Is dit regtig nodig om elke dag 'n wegneemkoffie te bestel?)

2. Vra uself af wat u werklik nodig het

U het waarskynlik al gehoor dat 'n mens moet onderskei tussen wat jy nodig het, en wat jy graag wil hê. Dis egter nie altyd so maklik soos wat dit klink nie. Kos is duidelik iets wat nodig is, maar wanneer raak eetgewoontes deel van die lysie van wat 'n mens graag wil hê? Wees dan eerlik met uself en vra uself af: Wat het ek regtig nodig? Vir die meeste mense sluit hierdie lysie gesonde kos, elektrisiteit, water, 'n blyplek, vervoer, skoolgelde en kindersorg in. U sal miskien ook lewensversekering vir u gesondheid, lewe en inkomste wil byvoeg – om u gesin se finansiële welstand te beskerm, ongeag wat gebeur. Uiteindelik is wat 'n mens graag wil hê, daardie daaglikse uitgawes wat jy óf minder kan maak óf sonder kan klaarkom.

3. Alternatiewe geldspaar-keuses

Om minder te bestee en meer te spaar, beteken nie om die dinge wat 'n mens geniet prys te gee nie. Hier is 'n paar geldspaar-keuses wat u kan maak:

  • Verruil die daaglikse wegneem-cappuccino (of twee) vir tuisbereide koffie in 'n termosfles.
  • Kanselleer gimlidmaatskap en sluit liewer aan by 'n gratis sosiale sportspan of hardloop- of stapgroep.
  • Nooi vriende vir 'n bring-en-braai of laat almal eetgoed bring, in plaas van om by 'n restaurant te kuier.
  • Sluit aan by 'n boekklub of biblioteek in plaas van om baie boeke te koop. Dieselfde geld vir kinderspeelgoed, musiek en flieks, gereedskap, ens.
  • Verruil u jaarlikse vakansie vir 'n tuisbly-blaaskans en geniet al die plaaslike toeriste-ervarings waarvoor u nooit tyd kry nie.
  • Maak verjaardagpartytjies eenvoudiger deur 'n handvol goeie vriende oor te nooi in plaas van om almal wat u ken by 'n huurlokaal te onthaal (of nooi een maatjie vir elke kersie op u kind se verjaardagkoek in die geval van 'n kinderpartytjie).

4. Doen slim sosiale beplanning

Een uitdaging vir baie van ons is om “nee, dankie” te sê vir die sosiale planne wat ons begroting knou. In plaas van om te wag vir 'n uitnodiging, neem die inisiatief met sosiale planne – stel aktiwiteite voor wat pret inhou én bekostigbaar is, soos om sononder saam te geniet, bordspeletjies te speel, 'n gratis museum te besoek of roomys in die park te eet. As u 'n kosliefhebber is, bederf uself een keer per maand met 'n ete in 'n restaurant waarna u kan uitsien en dan nog meer waardeer

5. Oortuig vriende om saam te spaar

Spaar hoef nie 'n eensame oefening te wees nie. As u vir 'n spesifieke doel spaar, soos 'n vakansie of u kind se studie, hoekom kry u nie ander vriende met dieselfde behoefte bymekaar en skep 'n sosialemedia-groepie nie? Dis 'n platform waar wenke, inspirasie en advies gedeel kan word.

Dit is maar net vyf van die baie maniere waarop u kan spaar sonder om die dinge wat u geniet, prys te gee. Wanneer u u finansiële plan vir 2019 opstel, kan dit 'n goeie idee wees om met 'n professionele finansiële adviseur te gesels, wat u kan help om die meeste waarde te kry uit elke rand wat u spaar en bestee.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam