Skip Ribbon Commands
Skip to main content

The information on the Adviser and Institutional areas of this site have been tailored for investment professionals. Appropriate product, fund and service information for private investors can be accessed on the Personal area of our site. Terms & conditions.

continue
Do not show this again.

Contact

Call me back

Advice

Back

Email us

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

​​​​​​Is u Ouer-generasie Spaarpolis Resessie-bestand?

Deur Phomolo Dube, 22 November 2018

Die verswakking van die ekonomie het diskresionêre besteding in 2018 erg onder druk geplaas, en sommige van ons kliënte met ouer-generasie polisse bevraagteken miskien ook hul beleggingskeuses en aftreestrategieë. In hierdie artikel bespreek Phomolo Dube, Uitvoerende Hoof van Sanlam Geslote Boek, die waarde wat Sanlam se ouer-generasie produkte in tye van markonstuimigheid en ekonomiese onsekerheid bied.

'n Afswaai tesame met hoë onsekerheid, soos ons tans beleef, is nie die tyd om enige ondeurdagte besluite te neem wat 'n mens se aftreespaar- of ander finansiële doelwitte vir die lang termyn kan beïnvloed nie. Trouens, as u 'n ouer-generasie uittree-annuïteit of uitkeerpolis by Sanlam het, wys u polis juis sy waarde in tye soos nou, deur gemoedsrus te verskaf dat u spaargeld en beleggings in 'n groot mate teen markonbestendigheid beskerm is.

Trotseer markveranderlikes

'n Groot persentasie van die uittree-annuïteite, uitkeerpolisse en ander spaarinstrumente in Sanlam se ouer-generasie produkreeks het 'n onderliggende belegging in Reëlmatige Bonusfondse. Dit beteken lede vind baat by gereelde bonusverklarings wat gegrond is op die opbrengste wat die portefeulje se onderliggende beleggings behaal het.

Om stabiliteit te skep, bou Sanlam in tye van sterk markgroei surplusfondse op sodat 'n deel van die opbrengste opsygesit kan word vir tye van nood. Hierdie surplusfondse word dan gebruik om in tye van swakker prestasie opbrengste te versterk. Hierdie uitstrykingsmeganisme bied bestendige en betroubare beleggingsopbrengste – en verminder die onbestendigheidsrisiko wat baie mense in markgekoppelde portefeuljes vanjaar grys hare gegee het.

Wanneer die lewe sy eie plan het

Die uitstrykingseffek verminder kliënte met ouer-generasie polisse se blootstelling aan korttermyn-markskommelinge. Dit verminder dus die risiko om op die verkeerde tyd in die mark te belê of daaruit te onttrek weens omstandighede waaroor die lid geen beheer het nie, soos afdanking, siekte of wanneer aftree-ouderdom bereik word.

Wanneer 'n mens welvaart vir aftrede opbou of met die oog op een van die lewe se mylpale belê, is dit gewoonlik 'n langtermyn-verbintenis wat dikwels oor dekades strek. Daar is nie 'n manier om presies te voorspel hoe die markte gaan presteer wanneer u polis die dag uitkeer, of wanneer die tyd aanbreek om te belê in die lewensdoelwit waarvoor u gespaar het nie.

Aangesien u nie die toekoms kan voorspel nie, gee Sanlam se ouer-generasie produkte u die gemoedsrus van bestendige opbrengste, ongeag die marktoestande.

'n Uitdagende jaar, miskien 'n geleentheid om na te dink

Die afgelope paar jaar, en veral 2018, was vir Suid-Afrikaners finansieel uitmergelend. Die konstante styging in lewenskoste en die gevoel van onsekerheid plaas geweldige druk op baie van ons kliënte. Ons verstaan dat sommige mense tydens onverwagte lewensgebeurtenisse paniekerig raak en ondeurdagte besluite neem om hul langtermyn-spaarpolisse in kontant te omskep, in 'n poging om uitgawes te besnoei of toegang tot ekstra fondse te kry. Tye soos nou verg egter vooruitskouende finansiële beplanning. Uittree-annuïteite, uitkeerpolisse en ander soortgelyke spaarprodukte is langtermynbeleggings. Dit is dus nie altyd voordelig om op grond van huidige omstandighede haastige besluite te neem nie – dink liewer lang termyn.

'n Uitdagende jaar soos 2018 het baie van ons gedwing om ons geldsake deeglik te bekyk, maar dit moenie die enigste tyd wees wanneer ons na ons finansiële doelwitte kyk nie. Finansiële dissipline is iets wat ons deurlopend moet toepas – die goeie gewoonte om geld vir tye van nood opsy te sit, moet deel wees van ons daaglikse bestaan.

Dit is maklik om 'n korttermynsiening te hê en polisse te kanselleer of te verander in 'n poging om nou geld te spaar. Maar wat van die toekoms? Hoe meer tyd u bestee om vir u aftrede en u nalatenskap aan u gesin te belê, hoe groter sal u voordele wees. Hoe langer u u beleggings volhou, hoe meer sal u baat vind by die krag van saamgestelde rente – die één element wat u die beste kans gee om u welvaart te laat groei.

Albert Einstein het blykbaar saamgestelde rente “die agtste wonder van die wêreld” en “die kragtigste element in die heelal” genoem – en ek stem heeltemal saam.

Evalueer u finansiële doelwitte

As u egter regtig moeilike finansiële kwessies moet hanteer en u finansiële plan moet herkalibreer, is dit belangrik om 'n professionele finansiële adviseur te raadpleeg wat u kan help om u opsies te verstaan en te verseker dat u die beste waarde kry vir elke swaar verdiende rand wat u spaar.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam