Stay safe online. Now more than ever it’s important to be cybersafe. See our tips to help you stay safe online. Learn more
Skip Ribbon Commands
Skip to main content
Sanlam Investments
Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Skaakmat?

8 Junie 2020

“In die lewe, soos by skaak, wen voorbedagtheid.” – Charles Buxton

Die hoofdoel van skaak is om jou opponent se koning in skaakmat te sit. Alhoewel dit eenvoudig genoeg mag klink, besef jy gou dat ’n begrip van die gewenste uitkomste van die spel jou nie help om die eerste skuif te maak nie. Dieselfde kan ook van jou finansies gesê word. Jy weet waar jy wil wees, maar waar begin jy?

Baie beginners speel reaktief volgens die skuiwe wat hul opponente maak. Dit lyk asof dit jou besluite makliker maak, maar dit ontsê jou die vermoë om die verloop van die spel te beheer. Jy behoort jou finansiële plan ook so te beheer in plaas daarvan om reaktiewe besluite te neem.

Skaakgrootmeesters kan glo tot 15 skuiwe vooruit sien. ’n Begaafde speler is altyd op die uitkyk na toekomstige geleenthede en beskerm homself teen ’n onverwagte uitkomste.

Ten einde jou eerste skuif te maak, moet jy meer weet as net wat die hoofdoel van die spel is. Jy moet tussen- en korttermyndoelwitte stel. Een van die belangrikste tussendoelwitte van skaak is om beheer oor die middel van die bord te verkry. Dit dien as beskerming en maak terselfdertyd meer beweeglikheid van jou skaakstukke moontlik. As finansiële beplanners is ons van mening dat wanneer die belange wat die middelpunt van ons lewens is, beskerm is, ons groter finansiële vryheid het.

Langtermyndoelwitte moet opgebreek word in kleiner brokke wat meetbaar is. Dit stel ons nie net in staat om vordering te monitor nie, maar gee ons ook mylpale waar ons ons strategie kan evalueer. Op hul eie kan korttermyndoelwitte soms onbelangrik lyk, maar ons moet onthou dat daar meer op die spel is.

By skaak kan die verlies van ’n pion dalk na ’n klein opofferinkie lyk. Dit is die stadigste stuk op die bord, met baie min aanvalspotensiaal. Indien daardie pion egter die ander kant van die bord bereik, kan dit enige stuk van jou keuse word. Klein skuifies kan tot ’n magsposisie lei. Baie soos maandelikse bydraes tot ’n beleggingsportefeulje tot werklik merkwaardige moontlikhede kan lei.

Deesdae kan moderne rekenaars enige van die skaakgrootmeesters klop. Dit is weens die feit dat die rekenaar ’n groot hoeveelheid data kan verwerk en gelyktydig duisende scenario’s kan ontleed. By SFP noem ons dit die benutting van kollektiewe kennis. Deur toonaangewende tegnologieë te gebruik en ons gedeelde kennis te kombineer, kan ons innoverende finansiële oplossings bied.

Contact Us

Please complete the following information.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam